JAN JAN JAN – Al Die Ysters

Al Die Ysters – JAN JAN JAN Lyrics Letra:

Lirieke

Skop jou vellie-stof op teen die son en maan?
Waar jou skouers breed, regop en dapper staan

Vertaal jouself aan die wêreld
Is daar iemand wat begryp
Jou vuur al flou van die ysters
Maar jy vat die beste uit

Vind jy verlange in als naby jou
Of ver van jou
Ontdek weer vlaktes van vryheid

Kom bietjie nader bring al die al die ysters in jou vuur
Ons is doringdraad aan mekaar gebind
Bloedbroers wat ons kant sal bring

Kom bietjie nader bring al die ysters in jou vuur
Trap ‘n diep spoor in jou kortste broek
Saam die manne wat saam staan in jou hoek

Bring al jou ysters in die vuur
Saam met al die ysters om die vuur

Skop uit klok af skink ‘n dubbel op jou dag
Maak los laat los vat een vir ‘n bietjie krag (‘n bietjie krag)

Vergeet  nou van die wêreld
Dit is net jy en jou span
Ons is hier om te help met die ysters
En ons help omdat ons kan (Omdat ons kan)

Want eensaamheid is nie deel van ons woordeskat
Kry jou gemoed in rat
Hiers een vir die pad

Kom bietjie nader bring al die al die ysters in jou vuur
Ons is doringdraad aan mekaar gebind
Bloedbroers wat ons kant sal bring

Kom bietjie nader bring al die ysters in jou vuur
Trap ‘n diep spoor in jou kortste broek
Saam die manne wat saam staan in jou hoek

Bring al jou ysters in die vuur
Saam met al die ysters om die vuur

Kom bietjie nader bring al die ysters in jou vuur
Trap ‘n diep spoor in jou kortste broek
Saam die manne wat saam staan in jou hoek

Bring al jou ysters in die vuur
Saam met al die ysters om die vuur (Al die ysters om die vuur)

Kom bietjie nader bring al die ysters in jou vuur
Hiers ‘n Jan en ‘n Jan en ‘n Jan
En ‘n fris Boerboel wat ‘n Broek laat span

Kom bietjie nader bring al die ysters in jou vuur
Trap ‘n diep spoor in jou kortste broek
Saam die manne wat saam staan in jou hoek

Bring al jou ysters in die vuur
Saam met al die ysters om die vuur

JAN JAN JAN – Al Die Ysters

%d blogueiros gostam disto: