Juanita du Plessis – Ek Staan Nog (Lyrics & Video)

Ek Staan Nog – Juanita du Plessis Lyrics

Ie . . . ie . .

Ie . . . ooh ooh oooh . .

Daar was dae wat ek nie wou opstaan nie

Dae wat ek net wou bly lê

Ek was moeg en seer, ek was moedeloos

Want die wêreld wou my breek

Ja, die houe het hard geval

Maar my hart het aanhou klop

Dis ‘n ver pad op as jy onder is

Om van voor af weer te bou

Maar saggies tel ek weer al die stukkies op

Ek weet genade sal my hou

Vat dit een tree op ‘n slag

Daar's genesing in elke dag

Daar's nog asem binne my

Ek het oorleef ek is nog hier . . ..

Ek staan nog

Deur diе reën, deur die storms

Ek staan nog

Al is dit op my kniеë

As jy roep sal ek antwoord

Al is my asem min

Ek sal harder sing

Ek sal harder sing . . ..

Ek weet hoe alleen die nag kan raak

En al die trane oor en oor

En ek weet oorwinning kom met tyd

Al voel dit jy het alles verloor

Daar's ‘n tipe krag in my

Maar steeds sal ek regop bly

Daar's nog asem binne my

Ek het oorleef ek is nog hier . . ..

Ek staan nog

Deur die reën, deur die storms

Ek staan nog

Al is dit op my knieë

As jy roep sal ek antwoord

Al is my asem min

Ek sal harder sing

Ek sal harder sing . . ..

Ek staan nog

Oooh ooh ooh oooh oooh, oooh

Ek staan nog

Deur die reën, deur die storms

Ek staan nog

Al is dit op my knieë

As jy roep sal ek antwoord

Al is my asem min

Ek sal harder sing

Ek sal harder sing . . ..

Ek staan nog

Oooh oooh, oooh

Ek staan nog

Ek Staan Nog, música de Juanita du Plessis, do álbum Hierdie Oomblik; lançamento em 26/06/2026.

Advertisement